QPR ProcessGuide

QPR ProcessGuide is ‘n interaktiewe stuk gereedskap wat help met die beplanning, implimentering , kommunikasie en fokus van personeel op prosesverbeterings. Dit stel die organisasie in staat om die volle resultate van hulle bestuursprosesse te behaal.

Identifiseer en Dokumenteer Prosesse

QPR ProcessGuide laat ‘n organisasie toe om hulle prosesse op ‘n eenvoudige en maklike wyse te modelleer. Prosesse kan vanaf ‘n hoë vlak tot op werksinstruksievlak gemodelleer word. QPR ProcessGuide laat mens toe om notas, werksinstruksies and proses dokumentasie direk aan prosesmodelle te koppel. Dit lei daartoe dat inligting maklik deur die organisasie versprei kan word.

Veroorsaak Proses Bewusmaking

QPR ProcessGuide is ‘n vinnige en maklike manier om prosesse en verwante inligting aan personeel te kommunikeer. Die dinamiese WEB publiserings funksionaliteit help dat die korrekte inligting na die regte personeel gekommunikeer word reg vanuit die staanspoor.

Fokus Personeel op Prosesse

Organisasies moet hulle personeel fokus om volgens korrek-gedefinieerde prosesse te werk. Die enigste manier op mense te kry om gefokus te wees op prosesse is om hulle rol in die rosesse duidelik te definer an ook om hulle te bemagtig om die prosesse gedurig te probeer verbeter.

QPR ProcessGuide help om personeel in hulle alledaagse take te motiveer deur die prosesmodelle maklik beskikbaar te maak. Personeel word ook aangemoedig om hulle idees deur die samewerkings portaal te kommunikeer.

Monitor, Analiseer & Verbeter Prosesse

QPR ProcessGuide verskaf ‘n visuele, intydse oorsig van prosesse aan senior uitvoerende amptenare, bestuurders en personeel. Hierdie inligting word op dinamiese vloeikaarte aangebring en sluit proses prestasie indikatore in.

QPR ProcessGuide kan ook deur analiste en deskundiges gebruik word om die huidige stand van prosesse te bepaal. Dit kan gedoen word deur die dinamiese simulasie funksionaliteit van die produk.

Kommunikering van beste praktyke, aksieplanne en die identifisering van proses verwante risikos, is alles funksionaliteit wat QPR uniek maak en werklik help om ‘n organisasie se prosess te optimiseer.

Integreer Prosesbestuur in jou Organisasie
Die QPR Samewerkende Bestuurs Suite integreer jou organisasie se prosesbestuur en strategiese prestasie bestuur. QPR laat jou toe om jou bestaande stelsels te gebruik en ‘n organisasie wye proses bestuur stelsel bou. QPR ProcessGuide kan inligting bekom en verskaf van en nap roses gedrewe IT stelsels deur gebruik te maak van XML koppelvlakke asook van ‘n COM gebaseerde intervlak.

Vinnige Resultate

QPR ProcessGuide is ‘n vinnige manier om ‘n interaktiewe samewerkings bestuursomgewing te implimenteer. Die maklike ontwikkelings omgewing help jou om jou eerste model binne minute te ontwikkel. Dit stel jou organisasie instaat om voordele vanaf die eerste dag te geniet.

Web-gebaseerde muli-vlak Argitektuur
QPR ProcessGuide het ‘n unieke argitektuur wat die krag van die internet gebruik om ‘n wêreld vol geleenthede in beide interne en eksterne kommunikasie daar te stel. Die eindverbruikers kommunikeer met die stelsel deur ‘n webblad wat tot gevolg het dat die stelsel baie vinnig en met gemak uitgerol kan word. Die stelsel het ook ‘n kragtige identifiserings enjin wat gebruikersregte toepas en sodoende informasie sekuriteit bewerkstellig.

 
 
 

Highlight

White Paper:

Business Intelligence and Performance Management - Learn how the historic focus of BI complements the forward looking focus of PM

Download

Smiling business woman